Deuteronomy 32:30 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Hoe sou een duisend jaag en twee tienduisend op die vlug slaan as hulle Rots hulle nie verkoop het en die HERE hulle toegesluit het nie? |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Hoe kan een mens duisend van hulle jaag, en hoe kan twee mense tienduisend laat vlug, as hulle Rots hulle nie verkoop het, en die Here hulle nie oorgelewer het nie? |
| Afrikaans 1933/1953 | Hoe kan een dan duisend agtervolg en twee tien duisend op die vlug jaag, was dit nie dat hul steenrots hulle verkoop en die HERE hulle oorgelewer het nie! |
| Afrikaans 1983 | Hoe kan een mens duisend agtervolg of twee tienduisende op die vlug jaag? Gebeur dit nie omdat die Rots van Israel hulle verkoop het nie, omdat die Here hulle uitgelewer het nie? |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Hoe kan een dan duisend agtervolg, en twee tienduisend op die vlug jaag as hulle rots hulle nie verkoop het nie, as die Here hulle nie oorgelewer het nie? |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Een man van die vyand het 1 000 Israeliete gevolg en gejaag, twee manne van die vyand het 10 000 Israeliete laat vlug. Maar dit het gebeur omdat die Rots van die Israeliete hulle verkoop het, omdat die Here hulle gelos het. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | “Kan dit gebeur dat een mens 1 000 op loop jaag? Kan twee mense 10 000 laat vlug? Ja, dit gebeur nou met jou, Israel. En weet jy hoekom? Want die Een wat julle wou beskerm, het julle aan julle vyande uitgelewer. Hy het moed opgegee met julle. Daarom het Hy julle aan julle vyande oorgegee.” |