Deuteronomy 32:29 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Ag, dat hulle wys was, dat hulle dit verstaan het, dat hulle op hulle einde sou ag slaan! |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Was hulle maar wys, sou hulle verstaan en sien wat hulle lot sal wees! |
| Afrikaans 1933/1953 | Was hulle wys, hulle sou dit insien, hulle sou op hulle einde let. |
| Afrikaans 1983 | “As hulle wysheid gehad het, sou hulle dit verstaan het, sou hulle begryp het wat hulle uiteinde sal wees. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | As hulle wys was, sou hulle dit begryp, hulle sou nadink oor hulle einde. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | As hulle wysheid gehad het, dan sou hulle verstaan het wat gebeur het en hulle sou geweet het wat later nog sál gebeur. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | O, dat julle tog net slim kon word! Dan sou julle verstaan het wat besig is om met julle te gebeur! Dan sou julle kon insien dat die Here julle straf vir wat julle gedoen het. En dan sou julle kon begryp wat julle uiteinde gaan wees. |