Deuteronomy 32:27 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Was dit nie dat ek die toorn van die vyand gevrees het nie, dat hulle teëstanders hulle nie vreemd sou gedra en dat hulle sou sê: Ons hand is hoog, en die HERE het dit alles nie gedoen nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Maar Ek was bevrees dat die vyand My sou tart, dat hulle teenstanders kan misverstaan en sê: Ons krag het gewen! Dit was nie die Here wat dit gedoen het nie!’ |
| Afrikaans 1933/1953 | as Ek nie vir die terging van die vyand bedug was nie, dat hulle teëstanders dit sou misverstaan en sê: Ons hand was hoog, en die HERE het dit alles nie gedoen nie. |
| Afrikaans 1983 | maar Ek is bevrees die vyand sal My tart, Israel se teenstanders sal dit verkeerd beoordeel en sê: ‘In eie krag het ons dit alles gedoen, nie die Here nie,’ |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | was dit nie vir die ergernis van vyande wat My afgeskrik het nie. Anders maak hulle teenstanders 'n verkeerde afleiding en sê: “Ons mag het geseëvier; die Here het niks hiervan gedoen nie.” ’ |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Maar Ek het gedink miskien sal die vyande spot en hulle sal die dinge wat gebeur het, verkeerd verstaan. Hulle sal miskien spog en sê: “Ons het hulle self oorwin, die Here het dit nie gedoen nie.” ’ |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Maar toe dink Ek daaraan: dalk sal die vyande dan met My spot. Hulle sal nie verstaan wat Ek doen nie. Hulle sal dink dis hulle wat Israel oorwin het. Dan sal hulle sê: ‘Ons het gewen! Dis omdat ons sterk is dat ons die Here se volk vernietig het. Dis nie die Here wat dit gedoen het nie. Dis eintlik ons wat so goed is!’ |