Deuteronomy 32:25 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Die swaard van buite en die skrik van binne sal die jongman sowel as die maagd vernietig, ook die suigeling met die man met grys hare.
Afrikaans (NLV) 2011 Op straat bring die swaard kinderloosheid, en binnekant heers die angs. Jong mans en vroue sal omkom, babas en ook oumense.
Afrikaans 1933/1953 Buitekant sal die swaard beroof, en in die binnekamers die verskrikking; die jongman sowel as die jongedogter, die suigling saam met die grysaard.
Afrikaans 1983 Op straat roei die swaard die kinders uit, in die slaapkamers is daar angs: jong man en jong meisie, suigling en grysaard, almal kom om.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Buite maai die swaard af, en in die binnekamers die vrees – jong man sowel as jong meisie, die suigeling saam met die grysaard.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Daar sal oorlog wees in die strate, mense sal bang wees en wegkruip in hulle kamers. Niemand sal vry wegkom nie, nie jongmans of jongmeisies nie, nie babas of oumense nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Buitekant op straat sal mense doodgaan in die oorlog en binne-in die huis sal mense van angs en benoudheid rondhardloop. Almal sal ly: die jongmans en die jongmeisies, die babas en die ou mense. Die laaste een sal doodgemaak word.