Deuteronomy 32:24 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Hulle sal verbrand word van honger en verteer word deur brandende hitte en bittere verwoesting; ook sal Ek die tande van diere op hulle stuur, met die gif van slange van die stof.
Afrikaans (NLV) 2011 Ek stuur teen hulle ’n uitmergelende hongersnood, ’n vurige koors en dodelike siekte. Hulle sal geteister word deur tande van wilde diere, deur giftige slange wat in die stof seil.
Afrikaans 1933/1953 As hulle uitgeput is van honger en verteer deur koorsgloed en dodelike siekte, sal Ek die tand van wilde diere teen hulle loslaat met die gif van stofkruipers.
Afrikaans 1983 hongerpyne, koorsgloed, ongeneeslike siekte. Ek sal roofdiere op hulle afstuur, en giftige slange!
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Uitgemergel deur honger, uitgeteer deur plae en die verskriklikste pessiekte, lewer Ek hulle uit aan verskeurende diere en giftige slange.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Hulle sal flou word van honger, hulle sal pes kry, hulle sal nie gesond kan word nie, wilde diere sal hulle opvreet en giftige slange sal hulle pik.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Hierdie mense sal niks meer hê om te eet nie. Hulle sal dodelik siek word. Ek stuur roofdiere om hulle aan te val. Giftige slange sal hulle pik en hulle doodmaak.