Deuteronomy 32:22 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Want 'n vuur is aangesteek in my toorn en dit sal brand tot in die doderyk, en dit sal die aarde met sy opbrings verteer en die fondamente van die berge aan die brand steek.
Afrikaans (NLV) 2011 Want my woede is aangesteek soos ’n vuur, en dit brand tot in die dieptes van die graf. Dit verteer die aarde en sy opbrengs, die fondamente van die berge steek dit aan die brand.
Afrikaans 1933/1953 Want 'n vuur is aangesteek in my toorn en het gebrand tot in die doderyk daaronder, en dit het die aarde met sy opbrings verteer en die fondamente van die berge aan die brand gesteek.
Afrikaans 1983 My toorn het 'n vuur aangesteek; dit brand tot in die doderyk daaronder, dit verteer die aarde en sy opbrengs, dit brand deur tot diep onder die berge.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Want 'n vuur is aangesteek in my toorn, en dit brand tot in die •doderyk daar onder. Dit verteer die aarde en sy opbrengs, dit laat die fondamente van die berge in vlamme opgaan.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Ek is kwaad, dit is soos 'n vuur wat brand tot in die doderyk daar onder, 'n vuur wat die aarde verbrand en alles wat uit die aarde kom, 'n vuur wat tot onder die berge brand.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Ek was so kwaad dat dit soos ’n vuur was wat aangesteek is. Hierdie vuur het alles verteer. Die aarde met al sy oeste is vernietig. Die berge het afgebrand. Tot die grafte is vernietig toe my woede daaroor gegaan het.