Deuteronomy 32:21 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Hulle het my tot jaloesie beweeg oor dit wat nie God is nie; hulle het My geterg deur hulle nietighede, en Ek sal hulle jaloers maak op die wat geen volk is nie; Ek sal hulle terg by 'n dwase nasie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Deur hulle aanbidding van gode wat nie bestaan nie, het hulle My jaloers gemaak. Met hulle nuttelose afgode het hulle My kwaad gemaak. Nou sal Ek hulle jaloers maak deur ander nasies te seën. Ek sal hulle kwaad maak deur dwase heidene te seën. |
| Afrikaans 1933/1953 | Hulle het my ywer gewek deur wat nie-God is, My geterg deur hulle nietige afgode. Âk sal dan hulle ywer wek deur die wat 'n nie-volk is, deur 'n dwase nasie sal Ek hulle terg. |
| Afrikaans 1983 | Hulle het iets wat nie 'n god is nie, bo My verkies, My getart met wat niks is nie. Ek sal wat nie 'n volk is nie, bo hulle verkies, met 'n nasie sonder verstand sal Ek hulle tart. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Hulle het My ontstel met nie-gode, My uitgetart met hulle nietige afgode. Ek gaan hulle ontstel met 'n nie-volk, met 'n dwase nasie gaan Ek hulle tart. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Hulle het My kwaad gemaak toe hulle gode gedien het wat nie gode is nie. Hulle het My hartseer gemaak toe hulle beelde gemaak het, beelde wat niks beteken nie. Nou sal Ek hulle kwaad maak en Ek sal vir My 'n volk kies wat nie 'n volk is nie, Ek sal hulle hartseer maak en Ek sal vir My 'n volk kies wat dwaas is. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Hulle het My jaloers gemaak toe hulle goed wat nie ’n god is nie, aanbid het. Hulle het hierdie nikswerd afgode bo My verkies. Hulle het My beledig met wat hulle gedoen het. Hulle het My uitgetart. Daarom sal Ek hulle nou jaloers maak. Ek sal dit doen deur ander nasies voorspoedig te maak. Ek sal hulle kwaad maak. Ek sal ’n spul eenvoudige mense wat nie eens aan my volk behoort nie, voorspoedig maak. |