Deuteronomy 32:2 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | My leer sal drup soos die reën, my spraak sal drup soos die dou, soos die klein reën op die sagte kruie en soos die buie op die gras. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Wat ek jou leer, is soos reën op jou, my woorde soos dou. My woorde is soos fyn reën op jong gras, soos sagte reënbuie op plante. |
| Afrikaans 1933/1953 | Laat my leer drup soos die reën, my woord vloei soos die dou, soos reëndruppels op die grasspruitjies en soos reënbuie op die plante. |
| Afrikaans 1983 | My onderrig kom na julle toe soos reënwater, my woorde verkwik julle soos dou, soos sagte reëns op die grassies, soos reënbuie op die graan. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Mag my onderrig neerstuif soos reën, my woorde drup soos dou, soos deurdringende reën op groen gras, soos reënbuie op plante. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Ek bid dat die dinge wat ek vir die mense leer, sal wees soos reën wat drup, ek bid dat die dinge wat ek sê, sal wees soos sagte reën op gras, soos reën op groen plante. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Wat ek julle gaan leer, gaan soos verkwikkende reënwater oor julle spoel. My woorde klink so aangenaam soos dou op die gras. My woorde val soos reëndruppels op jong gras wat pas uitgeloop het. Wat ek leer, is soos sagte reënbuie op jong plante. |