Deuteronomy 32:17 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Hulle het aan duiwels geoffer, nie aan God nie; aan gode wat hulle nie geken het nie, aan nuwe gode wat nuut opgekom het, vir wie julle vaders nie gevrees het nie.
Afrikaans (NLV) 2011 Hulle het offers gebring aan demone wat nie gode was nie, gode wat hulle nie geken het nie, gode wat onlangs aangekom het, gode wat hulle voorouers nooit gedien het nie.
Afrikaans 1933/1953 Hulle het aan die duiwels geoffer, wat nie-God is, gode wat aan hulle nie bekend was nie; nuwes wat kort gelede opgekom het, vir wie julle vaders nie gehuiwer het nie.
Afrikaans 1983 offers gebring aan veldduiwels, aan goed wat nie gode is nie, aan onbekende gode, nuwe gode wat van die bure af kom, gode wat onbekend was aan julle voorvaders.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hulle het vir demone, vir nie-gode, vir gode wat hulle nie geken het nie, offers geslag – nuwes wat maar onlangs na vore gekom het, gode wat vir julle voorouers nie bestaan het nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Hulle het ge-offer vir veldgode wat nie gode is nie, hulle het ge-offer vir gode wat hulle nie geken het nie, vir nuwe gode wat hulle voorvaders nie geken het nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) So het hulle offers vir duiwels gebring. Hulle het goed wat nie eens gode was nie, gedien. Hulle het daardie gode nie voorheen geken nie. Hierdie gode is maar nou die dag eers uitgevind. Hulle oupas en oumas het nie eens geweet dat sulke gode bestaan nie. Maar hierdie klomp mense het voor sulke nikswerd goed gebuig en hulle gedien.