Deuteronomy 32:15 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Maar Jesurun het vet geword en geskop; jy het vet geword, jy het dik geword, jy is oortrek met vet; toe het hy God verlaat wat hom gemaak het, en die Rots van sy verlossing ligtelik geag. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Maar Israel het vet en opstandig geword, die volk het swaar geword, vet en opgestop! Toe het hulle die God verlaat wat hulle gemaak het, en die Rots van hulle redding verwerp. |
| Afrikaans 1933/1953 | Toe het Jesurun vet geword en agterop geskop -- jy het vet geword, dik geword, spekvet geword -- en hy het God verwerp wat hom gemaak het, en die steenrots van sy heil geminag. |
| Afrikaans 1983 | Jesurun het alles in oorvloed gehad; hy het in opstand gekom. Jy het oorvloed gehad, jy het dom geword, jy het jou ooreet. Hy het God wat hom gemaak het, verwerp, Hy was vermetel teen die Rots wat hom gered het. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | “ Jesurun het vet geword en agterop geskop. Jy het vet geword, rond geword, eiesinnig geraak. Hy het die God wat hom gemaak het, versaak, die Rots wat hom verlos, met minagting behandel. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Jesurun het vet en opstandig geword. Ja, julle het vet en dik geword, spekvet. Hulle het vir God gelos, God wat vir hulle gemaak het. Hulle was dom en opstandig teen die Rots wat vir hulle gered het. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | “Maar Israel het gou-gou vet en lui geword. Die Here het Israel baie liefgehad en hulle bederf. Maar Israel het so vet geword dat hulle nie meer moeite wou doen nie. Toe het hierdie volk nie meer na die Here geluister nie. Hulle het die God wat hulle gemaak het, weggestoot. Hoe dom was hulle nie! Israel was so vol van hulleself dat hulle hulle nie meer aan God gesteur het nie. En dit is die God wat hulle gered het toe hulle in die nood was! Israel het die Rots verwerp waarop hulle hul lewe gebou het. |