Deuteronomy 32:14 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Botter van koeie en melk van kleinvee, met vet van lammers, en ramme van die ras van Basan, en bokke, met die vet van niere van koring; en jy het die suiwer bloed van die druif gedrink. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Hy voed hulle met dikmelk van beeste en melk van kleinvee; saam met die vet van lammers en bokke. Hy gee aan hulle die keur van die ramme en bokke van Basan, met die beste koring. Julle het gedrink van die beste wyn, gemaak van keur druiwesap. |
| Afrikaans 1933/1953 | dikmelk van beeste en melk van kleinvee, met die vet van lammers en ramme; stiere van Basan en bokke, met die niervet van koring; en druiwebloed het jy gedrink, skuimende wyn. |
| Afrikaans 1983 | botter uit die beestrop, melk van die kleinvee, vet lammers, skaapramme en bokramme uit Basan, die beste koring; die wyn wat jy drink, kom uit die beste druiwe. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | met die dikmelk van beeste, die melk van kleinvee, ook met die vet van slaglammers, ramme uit Basan, ook bokramme, en met die fynste koringmeel. En druiwebloed het jy gedrink – gistende wyn. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Hulle het melk gekry van beeste, skape en bokke, hulle het vet vleis gekry van skaap-lammers en skaap-ramme, en vleis van bokke en beeste uit die land Basan. Hulle het die beste koring geëet en die beste rooi wyn gedrink. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die mense het botter van melk gemaak. En hulle het melk van hulle vee gekry. Daar was vet lammers en skaapramme en bokramme uit Basan om te eet. Hulle het die beste koring gehad. Daar was genoeg wyn om te drink wat hulle van die beste druiwe gemaak het. Die Here het dit vir hulle gegee.” |