Deuteronomy 32:13 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Hy het hom op die hoogtes van die aarde laat ry, om die opbrings van die veld te eet; en hy het hom heuning uit die rots laat suig en olie uit die kliprots;
Afrikaans (NLV) 2011 Hy laat hulle ry op die hooglande, Hy voed hulle met die opbrengs van die land. Hy het uit die klowe heuning aan hulle voorsien, olyfolie uit klipharde rots.
Afrikaans 1933/1953 Hy het hom laat ry op die hoogtes van die aarde, en hy het die opbrings van die veld geëet; en Hy het hom heuning uit die rots laat suig en olie uit die klipharde rots;
Afrikaans 1983 Die Here het sy volk die land in besit laat neem, en hom laat eet van die opbrengs van die lande, hom heuning uit klipskeure laat geniet, olie uit harde klip,
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die Here het hom laat ry oor die hoogtes van die aarde. Hy het die opbrengs van die veld geëet. Die Here het hom gevoed met heuning uit 'n rotsskeur, met olie uit 'n klipharde rots,
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Hy het hierdie land vir sy volk gegee om dit te vat. Hulle kon die koring eet wat op die lande groei, hulle kon heuning uithaal uit die byneste in die rotse, hulle kon die olyf-olie kry van die olyfbome tussen die klippe.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “Dis die Here wat vir sy volk hierdie mooi land gegee het. Hy het dit vir hulle as ’n geskenk gegee. Hierdie land het genoeg dat sy inwoners kon eet tot hulle versadig is. Daar was heuning wat jy oral in die veld kon kry. Daar was olie wat uit die harde klip gemyn kon word.