Deuteronomy 32:11 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Soos 'n arend sy nes opwek, oor sy kleintjies fladder, sy vlerke uitsprei, hulle neem, hulle op sy vlerke dra; |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Soos ’n arend haar kuikens grootmaak en bo-oor hulle sweef, so sprei Hy sy vlerke en vang en dra hulle op sy vlerke. |
| Afrikaans 1933/1953 | Soos 'n arend sy nes opwek, oor sy kleintjies sweef, sy vlerke uitsprei, hulle opneem, hulle dra op sy vleuels -- |
| Afrikaans 1983 | Soos 'n arend wat sy kleintjies uit die nes uitskop, oor hulle fladder en hulle vang op sy vlerke wat hy oopsprei, soos 'n arend wat sy kuikens op sy vlerke dra, |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Soos 'n arend sy neskuiken aanspoor, bo sy jong kuiken fladder, sy vlerke oopsprei en hom vang, hom op sy penvere dra, |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | 'n Arend stoot sy kleintjies uit die nes en hy vlieg bokant hulle, hy maak sy vlerke oop en vang die kleintjies en dra hulle op sy vlerke. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | “’n Arend skop op ’n dag haar kleintjies wat te groot geword het, uit die nes uit. Hulle moet op hulle eie begin kos soek en hulle eie nes skrop. Maar wanneer sy hulle uitskop, vlieg sy onder hulle in sodat sy haar kuikens eers op haar vlerke dra. Sy doen dit totdat hulle self kan vlieg, en genoeg selfvertroue het om oor die weg te kom. |