Deuteronomy 32:10 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Hy het hom gevind in 'n woestynland en in die woeste huilende woestyn; hy het hom rondgelei, hy het hom opdrag gegee, hy het hom soos 'n oogappel bewaar. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Hy het hulle gevind in ’n woestyn, ’n leë land vol onaardse geluide. Hy het hulle omarm en hulle opgepas. Hy het hulle beskerm as sy kosbaarste besitting. |
| Afrikaans 1933/1953 | Hy het hom gevind in 'n woestynland en in 'n woeste wêreld, vol gehuil van die wildernis; Hy het hom omring, op hom ag gegee, hom bewaak soos sy oogappel. |
| Afrikaans 1983 | Hy het sy volk in die woestyn gevind, in 'n onbewoonbare land waar woestyndiere skreeu. Die Here het sy volk omhels, hom vertroetel en versorg soos die appel van sy oog. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Hy het sy volk in 'n woestynland gevind, in 'n onherbergsame streek met die wildernis se gehuil. Hy het hom omring, hom versorg, hom beskerm soos die appel van sy oog. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die Here het sy volk in die woestyn gekry, in 'n wilde wêreld waar niemand woon nie. Hy beskerm sy volk en Hy sorg vir hulle, Hy pas hulle op soos 'n mens sy oog oppas. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | “Die Here het Israel in ’n woestyn gaan haal. Daar was niks in die woestyn om van te leef nie. Daar het Hy hierdie volk gered. Hy het hulle met sy liefde toegemaak en hulle beskerm. Hy het oor Israel wag gehou asof Israel sy kosbaarste skat en besitting is. Hy het hulle opgepas en gelei op die beste pad. |