Deuteronomy 31:9 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Moses het toe hierdie wet geskrywe en dit aan die priesters, die seuns van Levi, wat die verbondsark van die HERE gedra het, en aan al die oudstes van Israel oorgegee.
Afrikaans (NLV) 2011 Moses het toe hierdie gebooie neergeskryf en dit vir die priesters wat die ark van die verbond dra en vir die leiers van Israel gegee.
Afrikaans 1933/1953 En Moses het hierdie wet opgeskrywe en dit gegee aan die priesters, die seuns van Levi, wat die verbondsark van die HERE gedra het, en aan al die oudstes van Israel.
Afrikaans 1983 Moses het toe hierdie wet opgeskryf en dit gegee aan die Levitiese priesters wat die verbondsark van die Here dra, en ook aan al die leiers van Israel.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Moses het hierdie wet neergeskryf en dit vir die Levitiese priesters wat die verbondsark van die Here dra, gegee, en ook vir al die oudstes van Israel.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Moses het hierdie wette neergeskryf en hy het dit vir die priesters van die nageslag van Levi gegee, die priesters wat die verbondskis van die Here dra. Hy het die wette ook vir die leiers van die Israeliete gegee.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Moses het toe al hierdie woorde in ’n boek geskryf. Daarna het hy die boek vir die mense gegee wat in die huis van die Here werk. Hulle het in die woestyn die ark gedra waarin die Here se ooreenkoms met sy volk was. Moses het hierdie boek ook vir die leiers van Israel gegee.