Deuteronomy 31:8 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En dit is die HERE wat voor jou uit gaan; Hy sal by jou wees, Hy sal jou nie begewe en jou nie verlaat nie; vrees nie en wees nie verskrik nie.
Afrikaans (NLV) 2011 Moenie bang of mismoedig wees nie, want die Here is die Een wat voor jou uitgaan. Hy sal by jou wees. Hy sal jou nie in die steek laat nie en jou nie verlaat nie.”
Afrikaans 1933/1953 En dit is die HERE wat voor jou uit trek; Hy sal met jou wees; Hy sal jou nie begewe of verlaat nie; jy mag nie bevrees of verskrik wees nie.
Afrikaans 1983 Die Here sal voor jou uit gaan. Hy sal by jou wees. Hy sal jou nie in die steek laat nie, jou nie alleen laat nie. Moenie bang wees nie, moenie skrik nie.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die Here is die Een wat voor jou uitgaan; Hy is by jou, Hy sal jou nie in die steek laat en jou nie verlaat nie. Moenie bang wees nie en moet jou nie laat afskrik nie.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Dit is die Here self wat voor jou gaan, Hy self sal by jou wees, Hy sal jou help en Hy sal jou nie alleen los nie. Jy moenie bang wees nie, jy moenie skrik nie.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Moenie bang wees nie! En bly altyd vol moed! Die Here gaan saam met jou. Hy sal jou nie in die steek laat nie. Jy is nooit alleen nie. Die Here is by jou!”