Deuteronomy 31:4 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En die HERE sal met hulle doen soos Hy gedoen het met Sihon en Og, die konings van die Amoriete, en met die land van hulle wat Hy vernietig het. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die Here sal daardie nasies vernietig net soos Hy vir Sihon en Og, die konings van die Amoriete, vernietig het. |
| Afrikaans 1933/1953 | En die HERE sal met hulle doen soos Hy met Sihon en met Og, die konings van die Amoriete, en met hulle land gedoen het, wat Hy verdelg het; |
| Afrikaans 1983 | Die Here sal met hierdie nasies doen soos Hy gedoen het met die Amoritiese konings Sihon en Og en met hulle land toe Hy hulle uitgeroei het. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die Here sal aan hulle doen wat Hy aan Sihon en Og, die konings van die Amoriete, en hulle land gedoen het toe Hy hulle uitgedelg het. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die Here sal aan hierdie volke doen wat Hy gedoen het aan die Amoriete se konings Sihon en Og, en aan hulle land, Hy het hulle almal laat sterf. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die Here gaan al die nasies wat nou in daardie land bly, vernietig. Hy sal met hulle maak wat Hy met die Amoritiese konings Sihon en Og gemaak het. |