Deuteronomy 31:3 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Die HERE jou God, Hy sal voor jou uit oortrek, en Hy sal hierdie nasies voor jou uit verdelg, en jy sal hulle in besit neem; en Josua, hy sal voor jou uit trek, soos die HERE gespreek het.
Afrikaans (NLV) 2011 Die Here julle God sal self voor julle uit deur die Jordaanrivier trek. Hy sal die nasies daar vernietig en julle sal hulle land in besit neem. Josua is julle nuwe leier en hy sal saam met julle gaan, net soos die Here beloof het.
Afrikaans 1933/1953 Die HERE jou God, Hy trek voor jou oor; Hy sal hierdie nasies voor jou uit verdelg, en jy sal hulle uit hul besitting verdrywe; Josua, hy trek voor jou oor soos die HERE gespreek het.
Afrikaans 1983 Die Here julle God sal voor julle uit deur die Jordaan trek en Hy sal hierdie nasies voor julle uitroei sodat julle hulle gebied in besit sal neem. Josua sal julle deurlei, soos die Here beloof het.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die Here jou God gaan voor jou oortrek; dit is Hy wat daardie nasies voor jou sal uitdelg en verdryf. Josua gaan ook voor jou oortrek, soos die Here gesê het.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Julle God die Here sal self voor julle oor die rivier gaan, Hy sal hierdie volke laat sterf om plek te maak vir julle, en julle sal hulle land vat. Josua sal voor julle oor die rivier gaan, soos die Here gesê het.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Maar die Here julle God sal wel saam met julle gaan. Hy trek voor julle uit deur die Jordaan. En Hy gaan die nasies in die land waarheen julle trek, vernietig. Julle sal daardie land vir julleself gaan vat. Julle gaan daar bly. Josua is van nou af julle leier. Hy gaan saam met julle. Hy sal julle lei, net soos die Here belowe het.