Deuteronomy 31:29 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Want ek weet dat julle na my dood julleself heeltemal verderf sal maak, en sal afwyk van die weg wat Ek julle beveel het; en onheil sal jou tref aan die einde van die dae; want julle sal doen wat verkeerd is in die oë van die HERE, om Hom te terg deur die werk van julle hande. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Ek weet verseker dat julle ná my dood sal afwyk van die pad wat ek julle beveel het om te volg. Wanneer julle in die toekoms doen wat verkeerd is vir die Here en Hom met julle dade tart, sal daar rampe oor julle kom.” |
| Afrikaans 1933/1953 | Want ek weet dat julle nmy dood gewis verderflik sal handel en sal afwyk van die weg wat ek julle beveel het, sodat die onheil julle aan die einde van die dae sal teëkom, omdat julle sal doen wat verkeerd is in die oë van die HERE om Hom deur die werk van julle hande te terg. |
| Afrikaans 1983 | Ek weet julle sal na my dood julle ondergang soek deur te verontagsaam wat ek julle beveel het. Wanneer julle in die toekoms doen wat verkeerd is in die oë van die Here, en Hom tart met wat julle doen, sal rampe oor julle kom.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Want ek weet dat julle ná my dood julle ernstig sal wangedra en sal afwyk van die pad wat ek julle beveel het, en dat die onheil julle sal inhaal aan die einde van die dae, omdat julle gaan doen wat verkeerd is in die oë van die Here deur Hom uit te tart met die werk van julle hande.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | want ek weet dat julle ná my dood baie verkeerd sal doen en sal ophou om te lewe soos ek vir julle gesê het. Julle sal in daardie tyd baie swaar begin kry omdat julle dinge sal doen waarvan die Here nie hou nie. Julle sal Hom hartseer maak met die dinge wat julle sal doen.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Ek weet nou al dat julle na my dood in ’n spul slegte mense gaan ontaard. Julle sal nie op die pad loop wat ek vir julle gewys het om te loop nie. Daarom gaan daar êrens in die toekoms rampe en moeilikhede oor julle kom. Julle gaan die Here baie kwaad maak met al die slegte dinge wat julle voor Hom gaan doen.” |