Deuteronomy 31:28 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Versamel vir my al die oudstes van julle stamme en julle dienaars, dat ek hierdie woorde voor hulle ore kan spreek en die hemel en die aarde teen hulle kan roep.
Afrikaans (NLV) 2011 Roep die leiers en die ampsdraers van die stamme bymekaar sodat ek met hulle kan praat, en die hemel en die aarde as getuies teen hulle kan roep.
Afrikaans 1933/1953 Laat al die oudstes van julle stamme en julle opsigters by my vergader, dat ek voor hulle ore hierdie woorde kan spreek, en teen hulle die hemel en die aarde as getuies kan neem.
Afrikaans 1983 Maak vir my julle beamptes en al die leiers van julle stamme bymekaar sodat ek al hierdie woorde vir hulle kan sê en die hemel en die aarde as getuies teen hulle kan inroep.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Roep al die oudstes van julle stamme en julle opsieners bymekaar hier by my; ek wil hierdie woorde duidelik vir hulle sê, en die hemel en die aarde as getuies teen hulle neem.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Roep al julle stamhoofde en julle voormanne, sodat ek hierdie dinge vir hulle kan sê en sodat ek die hemel en die aarde kan roep om getuies te wees teen hulle,
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “Roep nou al die leiers en die offisiere van die verskillende stamme van Israel bymekaar. Ek wil met hulle praat. Die Here wat heers oor die hemel, sowel as die mense op aarde, moet hoor wat ek vir julle sê. Hulle moet agterna vir almal sê dat julle nie gedoen het wat ek gesê het nie.