Deuteronomy 31:27 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Want ek ken jou wederstrewigheid en jou harde nek; kyk, terwyl ek vandag nog by julle lewe, was julle wederstrewig teen die HERE; en hoeveel te meer na my dood? |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Ek weet hoe opstandig en hardkoppig julle is. Selfs nou, terwyl ek nog hier by julle is, is julle reeds opstandig teen die Here. Hoeveel te meer sal julle ná my dood wees! |
| Afrikaans 1933/1953 | Want,k ken jou wederstrewigheid en jou hardnekkigheid. As julle, terwyl ek nog vandag by julle lewe, wederstrewig was teen die HERE -- hoeveel te meer dan nmy dood! |
| Afrikaans 1983 | Ek weet hoe opstandig en hardkoppig julle is. Terwyl ek nog hier by julle in die lewe is, is julle al opstandig teen die Here, hoeveel te meer nog as ek eers dood is! |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | want ek ken jou opstandigheid en hardnekkigheid. Kyk, as julle, terwyl ek nou nog by julle in die lewe is, opstandig is teen die Here, hoeveel te meer ná my dood! |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | want ek weet dat julle opstandig en hardkoppig is. Julle is nou opstandig teen die Here terwyl ek nog lewe, en nadat ek gesterf het, sal julle nog meer opstandig wees. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Ek weet baie goed hoe opstandig hierdie klomp mense is. Hulle koppe is baie hard. Ek is nou nog by julle. En nogtans het julle kort-kort teen die Here in opstand gekom. En hoe het julle nie teen die Here gerebelleer nie! Hoeveel te meer sal dit nie gebeur wanneer ek die dag dood is nie. Ek weet dat julle nog baie kere teen die Here in opstand gaan kom. |