Deuteronomy 31:23 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En hy het Josua, die seun van Nun, bevel gegee en gesê: Wees sterk en vol moed, want jy moet die kinders van Israel inbring in die land wat Ek hulle met 'n eed beloof het, en Ek sal met jou wees. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die Here het toe vir Josua, die seun van Nun, soos volg beveel: “Wees sterk en hou moed! Jy moet die Israeliete inbring in die land wat Ek met ’n eed aan hulle beloof het. Ek sal by jou wees.” |
| Afrikaans 1933/1953 | En Hy het aan Josua, die seun van Nun, bevel gegee en gesê: Wees sterk en vol moed, want jy sal die kinders van Israel inbring in die land wat Ek hulle met 'n eed beloof het; en Ek sal met jou wees. |
| Afrikaans 1983 | Die Here het ook vir Josua seun van Nun beveel: “Wees sterk, wees dapper! Jy sal die Israeliete inbring in die land wat Ek met 'n eed aan hulle beloof het, en Ek sal by jou wees.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die Here het Josua, die seun van Nun, opdrag gegee en vir hom gesê: “Wees dapper en sterk, want dit is jy wat die Israeliete moet inbring in die land wat Ek met 'n eed aan hulle beloof het. Ek sal met jou wees.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die Here het vir Josua seun van Nun gesê: “Jy moet sterk en dapper wees, want jý sal die Israeliete na die land bring wat Ek vir hulle belowe het, en Ek self sal by jou wees.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die Here het daardie dag ook met Josua gepraat. Hy het vir Josua ’n opdrag gegee. Hy het gesê: “Wees sterk! Wees vol moed! Jy moet hierdie mense die land invat wat Ek belowe het om vir hulle te gee. Onthou, Ek sal by jou wees!” |