Deuteronomy 31:21 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En dit sal gebeur as baie euwels en benoudhede hulle oorkom, dat hierdie lied teen hulle sal getuig as 'n getuie; want dit sal nie vergeet word uit die mond van hulle nageslag nie; want Ek ken hulle verbeelding wat hulle rondtrek, selfs nou nog, voordat Ek hulle ingebring het in die land wat Ek met 'n eed beloof het. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Wanneer daar groot rampe oor hulle kom, sal hierdie lied ’n getuienis teen hulle wees. Hulle nageslagte sal dit nooit vergeet nie. Ek weet wat in hierdie volk se binneste aangaan, selfs nog voordat hulle die land binnegekom het wat Ek met ’n eed aan hulle beloof het.” |
| Afrikaans 1933/1953 | En as dan baie onheile en node oor hulle kom, dan sal hierdie lied in hulle aangesig as getuie antwoord -- want dit sal uit die mond van hulle nageslag nie vergeet wees nie -- want Ek ken hulle gedagtes wat hulle vandag koester voordat Ek hulle inbring in die land wat Ek met 'n eed beloof het. |
| Afrikaans 1983 | Wanneer baie plae en rampe hom dan tref, sal hierdie lied teen hom getuig, want dit sal nie deur sy nageslag vergeet word nie. Ek weet wat daar vandag in Israel se hart omgaan, hier net voordat Ek hom inbring in die land waaroor Ek 'n eed afgelê het.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | En wanneer baie rampe en ellende hulle tref, sal hierdie lied openlik as getuie teen hulle dien, omdat dit nie vergete sal raak en uit die mond van hulle nageslag verdwyn nie. Ja, Ek ken die neiging wat hulle nou al openbaar, voordat Ek hulle inbring in die land wat Ek met 'n eed beloof het.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Wanneer dit dan baie sleg gaan met hulle, dan sal hierdie lied die getuie wees teen hulle, want hulle nageslag sal die lied onthou. Ja, Ek het die Israeliete nog nie gebring na die land wat Ek vir hulle belowe het nie, maar Ek weet wat hulle vandag dink.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Daardie dag sal hulle moeilikheid begin. Groot rampe sal oor hulle kom. Hulle sal swaarkry. Maar dan sal hierdie lied hulle daaraan herinner dat hulle geweet het wat om te doen, maar dat hulle hulle nie gesteur het aan wat Ek vir hulle gesê het nie. Hulle kinders mag ook nie vergeet wat Ek vir julle gesê het nie. Ek weet mos hoe mense is. Selfs nog voor hierdie mense die land gaan bewoon wat Ek vir hulle gee, sê Ek al dat hulle My sal verlaat.” |