Deuteronomy 31:20 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Want as Ek hulle ingebring het in die land wat Ek aan hulle vaders met 'n eed beloof het, wat oorloop van melk en heuning; en hulle sal eet en versadig en vet word; dan sal hulle hulle tot ander gode bekeer en hulle dien en My terg en my verbond verbreek.
Afrikaans (NLV) 2011 Ek sal hulle in die land bring wat Ek aan hulle voorouers met ’n eed beloof het. Dit is ’n vrugbare land. Hulle sal voorspoedig wees daar, met genoeg om te eet en te floreer. Dan sal hulle begin om ander gode te aanbid. Hulle sal My verag en my verbond verbreek.
Afrikaans 1933/1953 Want Ek sal hulle inbring in die land wat Ek aan hulle vaders met 'n eed beloof het, wat oorloop van melk en heuning, en hulle sal eet en versadig en vet word; dan sal hulle afwyk na ander gode en die dien, en hulle sal My verag en my verbond verbreek.
Afrikaans 1983 Wanneer Ek vir Israel gebring het in die land wat Ek aan sy voorvaders met 'n eed beloof het, die land wat oorloop van melk en heuning, sal Israel genoeg eet en lekker lewe en dan sal hy ander gode aanhang en hulle dien. Hulle sal My minag en my verbond verbreek.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Want Ek sal hulle bring na die grond wat Ek aan hulle voorvaders met 'n eed beloof het – 'n land wat oorloop van melk en heuning – maar hulle sal eet en versadig raak en vet word, en hulle na ander gode wend en dié dien; hulle sal My minag en my verbond verbreek.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Want Ek het hulle gebring na die land wat Ek vir hulle voorvaders belowe het, 'n land waar daar baie melk en heuning is. Hulle sal genoeg eet en vet word en hulle sal ander gode begin dien. Hulle sal dink Ek is nie belangrik nie en hulle sal my verbond breek.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “Ek gee vir hulle ’n land wat oorgenoeg van alles het. Ek het hulle oupagrootjies belowe dat Ek hulle na hierdie land sal bring. In hierdie land sal die Israeliete ryk word. Dit sal baie goed met hulle gaan. Hulle sal kan eet net wat hulle wil omdat hulle meer as genoeg van alles sal hê. Hulle sal vet word. Hulle sal egter ander gode begin dien. Hulle sal nie meer vir My respek hê nie. Hulle sal van My vergeet. En hulle sal ook vergeet van die ooreenkoms wat Ek met hulle gemaak het.