Deuteronomy 31:2 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En hy sê vir hulle: Ek is vandag honderd-en-twintig jaar oud; Ek kan nie meer uit- en ingaan nie; ook het die HERE vir my gesê: Jy mag nie deur hierdie Jordaan trek nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | en gesê: “Ek is nou 120 jaar oud en is nie meer in staat om julle te lei nie. Die Here het vir my gesê dat ek nie die Jordaanrivier mag oorsteek nie. |
| Afrikaans 1933/1953 | en vir hulle gesê: Ek is vandag honderd en-twintig jaar oud; ek kan nie meer uit-- en ingaan nie, en die HERE het vir my gesê: Jy mag deur hierdie Jordaan nie gaan nie. |
| Afrikaans 1983 | en vir hulle gesê: “Ek is nou honderd en twintig jaar oud, ek kan nie meer gaan oorlog maak nie. Die Here het vir my gesê: ‘Jy mag nie deur die Jordaan trek nie.’ |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Hy het ook vir hulle gesê: “Ek is nou honderd-en-twintig jaar oud. Ek kan nie meer uittrek en terugkeer nie, en die Here self het vir my gesê, ‘Jy mag nie hierdie Jordaan oorsteek nie.’ |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Hy het vir hulle gesê: “Ek is vandag 120 jaar oud. Ek kan nie meer goed loop nie. En die Here het vir my gesê ek sal nie oor hierdie Jordaan-rivier gaan nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Hy het ook nog gesê: “Ek is nou 120 jaar oud, ’n ou man. Ek kan nie langer julle leier wees nie. In elk geval, die Here het vir my gesê dat ek nie saam met julle as volk oor die Jordaan sal trek nie. |