Deuteronomy 31:19 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Skryf dan nou vir julle hierdie lied en leer dit die kinders van Israel; lê dit in hulle mond, dat hierdie lied vir My 'n getuie kan wees teen die kinders van Israel.
Afrikaans (NLV) 2011 “Skryf nou die woorde van hierdie lied neer en leer dit vir die volk Israel. Leer hulle om dit te sing sodat dit as ’n getuienis teen hulle kan dien.
Afrikaans 1933/1953 Skryf dan nou vir julle hierdie lied op, en leer dit aan die kinders van Israel; lê dit in hulle mond, dat hierdie lied vir My 'n getuie teen die kinders van Israel kan wees.
Afrikaans 1983 “Teken hierdie lied vir julle op en leer dit vir die Israeliete. Laat hulle dit sing sodat die lied my getuie teen hulle kan wees.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Teken dan nou hierdie lied vir julle op en leer dit vir die Israeliete; lê dit vir hulle in die mond, sodat hierdie lied vir My 'n getuie kan wees teen die Israeliete.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Daarom moet jy hierdie lied neerskryf en jy moet dit vir die Israeliete leer. Hulle moet die lied ken, sodat die lied vir My 'n getuie sal wees teen hulle.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “Daarom moet jy nou die woorde van hierdie lied neerskryf wat Ek vir jou leer. Daarna moet jy dit vir die mense van Israel gaan leer. Leer die woorde vir hulle sodat hulle dit kan sing. Agterna sal hierdie lied hulle daaraan herinner dat hulle nie gedoen het wat Ek hulle beveel het nie.