Deuteronomy 31:16 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Toe sê die HERE vir Moses: Kyk, jy sal met jou vaders ontslaap; en hierdie volk sal opstaan en agter die gode van die vreemdelinge van die land aan hoereer waarheen hulle gaan om onder hulle te wees, en My verlaat en my verbond verbreek wat Ek met hulle gesluit het.
Afrikaans (NLV) 2011 Die Here sê toe vir Moses: “Jou tyd het gekom om by jou voorouers aan te sluit. As jy eers weg is, gaan hierdie volk vreemde gode begin aanbid, die gode van die land waarheen hulle nou gaan. Hulle gaan My verlaat en die verbond verbreek wat Ek met hulle gesluit het.
Afrikaans 1933/1953 Toe sê die HERE vir Moses: Kyk, jy ontslaap met jou vaders, en hierdie volk sal opstaan, en hulle sal die vreemde gode van die land waarheen hulle gaan, in sy midde agternahoereer en My verlaat en my verbond verbreek wat Ek met hulle gemaak het.
Afrikaans 1983 Toe sê die Here vir Moses: “Jy gaan nou sterf. Daarna sal hierdie volk ontrou word en in die land waar hy gaan woon, die vreemde gode van die land aanhang. Die volk sal My verlaat en die verbond verbreek wat Ek met hom gesluit het.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Toe sê die Here vir Moses: “Kyk, jy gaan binnekort by jou voorouers rus, maar hierdie volk sal opstaan en agter die vreemde gode in hulle midde aan hoereer – die gode van die land waarheen hulle op pad is. Hulle sal My verlaat en my verbond wat Ek met hulle gesluit het, verbreek.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die Here het vir Moses gesê: “Jy sal sterf, en dan sal hierdie volk begin om ontrou te wees. Hulle sal die gode van die ander volke dien in die land waarnatoe hulle gaan. Die volk sal My los en hulle sal my verbond breek wat Ek met hulle gemaak het.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Toe het die Here vir Moses gesê: “Die tyd is baie naby dat jy moet sterf. Jy sal saam met jou oupas en oupagrootjies in die graf wees. Ná jou dood sal hierdie klomp mense vreemde afgode begin aanbid. Hulle sal die gode dien van die mense van die nuwe land wat Ek vir hulle gee. Hulle sal heeltemal van My vergeet. Hulle sal hulle nie meer steur aan die ooreenkoms wat Ek met hulle gesluit het nie.