Deuteronomy 31:14 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En die HERE het vir Moses gesê: Kyk, jou dae kom nader dat jy moet sterwe; roep Josua en stel julle in die tent van samekoms, dat Ek hom bevel kan gee. En Moses en Josua het gegaan en hulle in die tent van samekoms aangebring.
Afrikaans (NLV) 2011 Toe het die Here vir Moses gesê: “Die dag van jou dood is naby. Roep vir Josua en neem hom saam met jou na die tabernakel en daar sal Ek hom sy opdragte gee.” Moses en Josua het toe na die tent van ontmoeting gegaan.
Afrikaans 1933/1953 En die HERE het vir Moses gesê: Kyk, jou dae kom nader dat jy moet sterwe; roep Josua, en gaan julle in die tent van samekoms staan, dat Ek aan hom bevel kan gee. Toe het Moses en Josua gegaan en in die tent van samekoms gaan staan.
Afrikaans 1983 Die Here het vir Moses gesê: “Jou tyd om te sterf, het aangebreek. Roep vir Josua en gaan staan in die tent van ontmoeting sodat Ek hom sy bevele kan gee.” Moses en Josua het toe in die tent van ontmoeting gaan staan,
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die Here het vir Moses gesê: “Kyk, jou tyd om te sterf, is naby. Roep Josua, en gaan neem dan julle plek in die Tent van Ontmoeting, sodat Ek aan hom opdragte kan gee.” Moses en Josua het gegaan, en toe hulle in die Tent van Ontmoeting gaan staan,
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die Here het vir Moses gesê: “Jy moet luister, jou tyd om te sterf is naby. Roep vir Josua en kom staan in die tent waar Ek aan die Israeliete verskyn, sodat Ek vir Josua kan sê wat hy moet doen.” Moses en Josua het toe voor die tent gaan staan waar die Here aan die Israeliete verskyn.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Toe het die Here met Moses gepraat. Hy het gesê: “Dit het nou tyd geword dat jy moet sterf. Roep vir Josua en sê hy moet saam met jou na die tent toe gaan waar Ek aanbid word. Ek sal daar vir hom sê wat Ek wil hê hy moet doen.”