Deuteronomy 31:13 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En dat hulle kinders, wat niks geweet het nie, kan hoor en leer om die HERE julle God te vrees, solank julle in die land woon waarheen julle deur die Jordaan trek om dit in besit te neem. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Doen dit sodat jou kinders wat hierdie gebooie nie ken nie, sal hoor en sal leer om ontsag te hê vir die Here julle God. Doen dit so lank as wat julle in die land bly, hierdie land wat julle in besit gaan neem wanneer julle deur die Jordaan trek.” |
| Afrikaans 1933/1953 | En hulle kinders wat dit nie ken nie, moet hoor en leer om die HERE julle God te vrees al die dae wat julle lewe in die land waarheen julle deur die Jordaan trek om dit in besit te neem. |
| Afrikaans 1983 | So sal hulle kinders wat nie hierdie wet ken nie, dit kan hoor en leer en sal hulle die Here julle God kan dien so lank as julle lewe in die land waarheen julle deur die Jordaan trek om dit in besit te gaan neem.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | En hulle kinders wat dit nie ken nie, moet dit hoor, en leer om vir die Here julle God ontsag te hê so lank as julle leef op die grond waarheen julle oor die Jordaan trek om dit in besit te neem.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Hulle kinders wat nie die wette ken nie, moet dit hoor en hulle moet leer om julle God die Here altyd te eer, so lank soos julle sal lewe in die land oorkant die Jordaan-rivier, die land waarnatoe julle gaan om dit vir julleself te vat.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Julle moet dit gereeld elke sewe jaar doen sodat julle kinders ook kan hoor wat die Here van hulle vra. Hulle het mos nog nie gehoor wat die Here van hulle verwag nie. Hulle moet leer om respek vir die Here hulle God te hê en te doen wat Hy van hulle vra. Julle moet dit altyd doen, so lank as wat julle in die land bly wat julle nou ingaan as julle oor die Jordaan trek.” |