Deuteronomy 31:12 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Versamel die volk, mans en vroue en kinders en jou vreemdeling wat in jou poorte is, dat hulle kan hoor en leer en die HERE jou God kan vrees en sorgvuldig al die woorde van hierdie wet hou. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Roep almal bymekaar, mans, vroue en kinders en ook die vreemdelinge wat in julle dorpe woon, sodat hulle kan luister en leer om ontsag te hê vir die Here julle God en om sorgvuldig gehoorsaam te wees aan al die bepalings van hierdie gebooie. |
| Afrikaans 1933/1953 | Laat die volk byeenkom, die manne en die vroue en die kinders en jou vreemdeling wat in jou poorte is, dat hulle kan hoor en dat hulle kan leer om die HERE julle God te vrees en sorgvuldig al die woorde van hierdie wet te hou. |
| Afrikaans 1983 | Julle moet die volk bymekaarroep: mans, vrouens en kinders, en ook die vreemdeling wat in julle stede by julle woon, sodat hulle kan luister en die wet kan leer, sodat hulle die Here julle God kan dien en gehoorsaam, sodat hulle kan leef volgens alles wat in hierdie wet staan. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Roep die volk byeen, manne, vroue en kinders, asook die •vreemdelinge wat in julle dorpe is, sodat hulle dit kan hoor, en sodat hulle dit kan leer en vir die Here julle God ontsag kan hê, en al die woorde van hierdie wet nougeset kan nakom. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Julle moet die volk laat bymekaarkom, die mans, die vroue en die kinders, en ook die vreemdelinge wat in julle stede is, sodat hulle kan hoor en kan leer en sodat hulle ook julle God die Here kan eer en alles kan doen wat hierdie wette sê. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Roep almal bymekaar. Al die mans en die vroue en die kinders moet daar wees. Ook al die mense van ander nasies moet kom. Hulle moet almal luister na wat die Here wil hê. Dan sal hulle leer om respek vir die Here te hê en te doen wat Hy van hulle vra. |