Deuteronomy 31:11 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Wanneer die hele Israel kom om voor die aangesig van die HERE jou God te verskyn op die plek wat Hy sal uitkies, moet jy hierdie wet voor die hele Israel voor hulle ore lees.
Afrikaans (NLV) 2011 moet jy hierdie gebooie vir die hele volk van Israel lees. Doen dit wanneer hulle in die teenwoordigheid van die Here julle God byeengekom het op die plek wat Hy sal kies.
Afrikaans 1933/1953 as die hele Israel kom om te verskyn voor die aangesig van die HERE jou God op die plek wat Hy sal uitkies, moet jy hierdie wet voor die hele Israel, voor hulle ore lees.
Afrikaans 1983 wanneer die hele Israel in die teenwoordigheid van die Here julle God moet verskyn op die plek wat Hy sal kies, moet julle hierdie wet lees in die teenwoordigheid van die hele Israel waar hulle dit kan hoor.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) wanneer die hele Israel kom om voor die Here jou God te verskyn op die plek wat Hy sal kies, moet jy hierdie wet aan die hele Israel voorlees, sodat hulle dit kan hoor.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) ***
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Daardie jaar, as julle die fees vier om terug te dink aan hoe julle in die woestyn gebly het nadat die Here julle uit Egipte gered het, moet julle hierdie boek weer lees. Al die mense van Israel moet dan bymekaarkom in die plek wat die Here julle God sal kies. Hy sal daar bly. Dan moet julle hierdie boek van voor tot agter lees sodat almal dit kan hoor.