Deuteronomy 31:10 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En Moses het hulle bevel gegee en gesê: Aan die einde van elke sewe jaar, op die fees van die jaar van vrylating, op die huttefees,
Afrikaans (NLV) 2011 Moses het hulle toe soos volg beveel: “Aan die einde van elke sewende jaar, die jaar van die kwytskelding, gedurende die Huttefees,
Afrikaans 1933/1953 En Moses het aan hulle bevel gegee en gesê: Aan die einde van sewe jaar, op die bepaalde tyd van die jaar van kwytskelding, op die huttefees,
Afrikaans 1983 Toe het Moses hulle beveel: “Aan die einde van elke sewende jaar, op die vasgestelde tyd, die jaar waarin julle skuld moet afskryf, op die huttefees,
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Moses het hulle beveel: “Aan die einde van sewe jaar, op die vasgestelde tyd van die jaar van kwytskelding, tydens die Huttefees,
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) [10-11] Moses het vir hulle gesê: “Julle moet hierdie wette elke sewende jaar vir al die Israeliete lees. Dit is die jaar wanneer julle moet sê dat mense die geld mag hou wat hulle vir julle skuld, hulle moenie die geld terugbetaal nie. Julle moet die wette lees op die Hutte-fees, wanneer al die Israeliete voor julle God die Here moet kom staan op die plek wat Hy sal kies.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Toe het Moses gesê: “Aan die einde van elke sewende jaar moet julle almal wat skuld gemaak het, se skuld afskryf.