Deuteronomy 30:6 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En die HERE jou God sal jou hart en die hart van jou nageslag besny, om die HERE jou God lief te hê met jou hele hart en met jou hele siel, dat jy kan lewe. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Die Here jou God sal jou hart en die hart van jou nageslag besny sodat jy Hom met hart en siel sal liefhê. Dan sal jy lewe! |
| Afrikaans 1933/1953 | En die HERE jou God sal jou hart besny en die hart van jou nageslag, om die HERE jou God lief te hê met jou hele hart en met jou hele siel, dat jy kan lewe. |
| Afrikaans 1983 | Die Here jou God sal jou lewe en die lewe van jou nageslag aan Hom wy, sodat jy Hom sal liefhê met hart en siel. Dan sal jy lewe, |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die Here jou God sal jou hart besny en die hart van jou nageslag, sodat jy die Here jou God met hart en siel sal liefhê, sodat jy kan leef. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Julle God die Here sal julle harte en die harte van julle nageslag so verander dat julle lief sal wees vir Hom met julle hele hart. Dan sal julle aanhou lewe. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | “Dan sal die Here jou God jou hart verander. En Hy sal die harte van jou kinders en kleinkinders verander. Julle sal die Here liefhê bo enigiets of enigiemand anders. As ’n mens die Here eerste in jou lewe stel, laat Hy jou lewe! |