Deuteronomy 30:5 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En die HERE jou God sal jou bring in die land wat jou vaders in besit geneem het, en jy sal dit in besit neem; en Hy sal aan jou goed doen en jou vermeerder bo jou vaders. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Hy sal jou terugbring na die land wat aan jou voorouers behoort het en jy sal weer die land besit. Hy sal jou selfs meer voorspoedig en talryker maak as wat jou voorouers was. |
| Afrikaans 1933/1953 | En die HERE jou God sal jou bring in die land wat jou vaders in besit geneem het, en jy sal dit in besit neem; en Hy sal aan jou goed doen en jou vermenigvuldig meer as jou vaders. |
| Afrikaans 1983 | Hy sal jou terugbring na die land toe wat deur jou voorvaders besit is en jy sal dit in besit neem, en die Here sal aan jou goeddoen en jou meer laat word as jou voorvaders was. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die Here jou God sal jou bring na die land wat jou voorouers in besit geneem het, en jy sal dit in besit neem. Hy sal jou goed behandel en jou meer maak as jou voorouers. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Julle God die Here sal julle bring na die land wat julle voorvaders vir hulleself gevat het, en julle sal die land vir julleself vat. Die Here sal dit beter laat gaan met julle as met julle voorvaders en Hy sal julle meer laat word as hulle. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Hy sal jou terugbring na die land wat Hy aan jou oupagrootjies en oumagrootjies gegee het. En daardie land sal weer aan jou behoort. Dan sal die Here jou selfs nog meer voorspoedig maak as voorheen. Jou volk sal groter wees as voor die Here jou uit jou land weggejaag en aan jou vyande oorgegee het. |