Deuteronomy 30:4 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) As iemand van jou verdryf word tot aan die uiterste van die hemel, daarvandaan sal die HERE jou God jou versamel en jou daarvandaan haal.
Afrikaans (NLV) 2011 Selfs al was jy tot aan die uithoeke van die aarde verstrooi, sal die Here jou God jou daar bymekaarmaak en jou weer terugbring.
Afrikaans 1933/1953 Al was jou verstrooides aan die einde van die hemel, daarvandaan sal die HERE jou God jou versamel, en daarvandaan sal Hy jou gaan haal.
Afrikaans 1983 Al is jy verdryf tot in die uithoeke van die aarde, die Here jou God sal jou daar gaan bymekaarmaak en van daar af gaan haal.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Selfs al is jy verstrooi tot aan die einde van die aarde, van daar af sal die Here jou God jou bymekaarmaak, ja, van daar af sal Hy jou gaan haal.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Ook as julle in die verste plekke op die aarde is, sal julle God die Here julle daarvandaan bymekaarmaak en julle terugbring.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Selfs al het die Here jou verstrooi tot by die uiteindes van die aarde, sal Hy jou weer gaan haal.