Deuteronomy 30:3 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) dat die HERE jou God dan jou gevangenskap sal verander en jou oor jou sal ontferm, en Hy sal terugkeer en jou versamel uit al die nasies waarheen die HERE jou God jou verstrooi het.
Afrikaans (NLV) 2011 sal die Here jou God jou situasie verander. Hy sal jou genadig wees en jou terugbring uit al die nasies waarheen Hy jou verstrooi het.
Afrikaans 1933/1953 dan sal die HERE jou God jou lot verander en Hom oor jou ontferm; en Hy sal jou weer versamel uit al die volke waarheen die HERE jou God jou verstrooi het.
Afrikaans 1983 sal die Here jou God jou omstandighede verander. Hy sal jou jammer kry en jou weer bymekaarmaak van oral af waarheen Hy jou tussen die volke verstrooi het.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) dan sal die Here jou God jou lot verander. Hy sal Hom oor jou ontferm en jou weer bymekaarmaak uit al die volke waarheen die Here jou God jou verstrooi het.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Dan sal die Here dit weer goed laat gaan met julle. Hy sal jammer wees vir julle en Hy sal julle weer bymekaarmaak uit al die volke. Julle God die Here het julle na daardie volke toe laat gaan.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Dan sal die Here dit weer voorspoedig met jou laat gaan. Hy sal aan jou dink, daar waar jy in die ver land sit. Hy sal jou bymekaarmaak waar jy tussen jou vyande moet woon en sonder betaling vir hulle moet werk. Hy sal jou red en na jou eie land toe terugbring.