Deuteronomy 30:20 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Sodat jy die HERE jou God kan liefhê en na sy stem kan luister en Hom kan aankleef, want Hy is jou lewe en die lengte van jou dae, sodat jy kan woon in die land waaraan die HERE met 'n eed gesweer het en jou vaders, aan Abraham, aan Isak en aan Jakob, om aan hulle te gee. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Om die Here jou God lief te hê, Hom te gehoorsaam, jou aan Hom te verbind, bring vir jou die lewe. Dan sal jy lank bly lewe in die land wat die Here jou God gesweer het om aan jou voorouers Abraham, Isak en Jakob te gee.” |
| Afrikaans 1933/1953 | deur die HERE jou God lief te hê, na sy stem te luister en Hom aan te hang; want dit is jou lewe en die lengte van jou dae, sodat jy kan woon in die land wat die HERE aan jou vaders Abraham, Isak en Jakob met 'n eed beloof het om dit aan hulle te gee. |
| Afrikaans 1983 | Om die Here jou God lief te hê, Hom te gehoorsaam en Hom aan te hang, sal vir jou lewe gee en jou lank laat woon in die land wat die Here met 'n eed aan jou voorvaders Abraham, Isak en Jakob beloof het om aan hulle te gee.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | deur die Here jou God lief te hê, na sy stem te luister en aan Hom vas te hou. Want dit is jou lewe: om jou lewe lank te woon op die grond wat die Here met 'n eed beloof het aan jou voorvaders om aan hulle te gee, aan Abraham, Isak en Jakob.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Julle moet kies om lief te wees vir julle God die Here, om gehoorsaam te wees aan Hom, om altyd naby Hom te wees, want dan sal julle aanhou lewe en dan sal julle lank woon in die land wat die Here belowe het om vir julle voorvaders te gee, vir Abraham, vir Isak en vir Jakob.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Kies tog vandag om die Here jou God lief te hê en net vir Hom te leef. Kies om te doen wat Hy wil hê jy moet doen. Kies om jou lewe lank gehoorsaam te wees aan alles wat Hy vir jou sê om te doen. Maak Hom die middelpunt van jou lewe. Laat Hy die rede wees hoekom jy lewe. Dan sal jy oud word en lank lewe in die land wat die Here belowe het om vir jou te gee. Hy het lank terug al vir Abraham, Isak en Jakob belowe dat Hy hierdie land vir jou sal gee.” |