Deuteronomy 30:17 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Maar as jou hart afwyk, sodat jy nie hoor nie, maar weggesleep word en ander gode aanbid en hulle dien; |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Maar as jy jou hart wegdraai en jy weier om gehoorsaam te wees en as jy aangetrek word na ander gode toe om hulle te dien en te aanbid, |
| Afrikaans 1933/1953 | Maar as jou hart hom afwend en jy nie luister nie en jy jou laat verlei, sodat jy jou voor ander gode neerbuig en hulle dien, |
| Afrikaans 1983 | [17-18] Maar ek verkondig vandag aan julle: As jy van die Here af wegdraai en Hom nie gehoorsaam nie en as jy jou laat verlei om ander gode te vereer en te dien, sal julle almal omkom; julle sal nie lank bly woon in die land wat jy in besit gaan neem sodra jy deur die Jordaan getrek het nie. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Maar as jou hart afwyk en jy nie luister nie, jou laat verlei en in aanbidding buig voor ander gode en hulle dien, |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Maar as julle ontrou word aan die Here en nie gehoorsaam is nie, en as mense julle verlei sodat julle voor ander gode buig en hulle dien, |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | “Maar jy kan dalk vandag kies om in die teenoorgestelde rigting te loop. Jy weier om na die Here te luister. Jy gaan soek vir jou afgode en jy buig voor hulle neer. |