Deuteronomy 30:15 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Kyk, Ek het jou vandag die lewe en die goeie en die dood en die kwaad voorgehou;
Afrikaans (NLV) 2011 “Luister nou! Vandag gee ek vir julle ’n keuse tussen voorspoed en teëspoed, lewe en dood.
Afrikaans 1933/1953 Kyk, ek het jou vandag voorgehou die lewe en die geluk, en die dood en die ongeluk.
Afrikaans 1983 “Ek het vandag die lewe en die voorspoed, die dood en die teenspoed aan jou voorgehou.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) “Kyk, vandag hou ek aan jou die lewe en wat goed is, die dood en wat sleg is, voor.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Kyk, ek het vandag vir julle gesê wat julle moet doen sodat dit goed kan gaan met julle en sodat julle sal aanhou lewe. Ek het ook vir julle gesê dat as julle verkeerd doen, dan sal dit sleg gaan met julle en julle sal sterf.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “Maar luister nou baie mooi. Ek stel julle vandag voor die keuse. Julle kan self kies. Julle moet kies wat julle wil hê. Wil julle hê dat dit voorspoedig met julle moet gaan, of kies julle vandag teëspoed? Kies tussen lewe en dood!