Deuteronomy 30:14 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Maar die woord is baie naby aan jou, in jou mond en in jou hart, dat jy dit kan doen.
Afrikaans (NLV) 2011 Die boodskap is baie naby aan jou, dit is op jou lippe en in jou hart sodat jy daarvolgens kan lewe.
Afrikaans 1933/1953 Maar baie naby jou is die woord, in jou mond en in jou hart, om dit te doen.
Afrikaans 1983 Die gebod is baie naby aan jou, jy kan daaroor praat, jy ken dit, jy kan daarvolgens lewe.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Nee, die woord is baie naby jou – in jou mond en in jou hart, sodat jy dit kan uitvoer.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Maar nee, die woorde van hierdie wette is baie naby julle, dit is in julle monde en in julle harte, julle kan dit doen.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Wat Hy van jou vra, is eintlik baie naby aan jou. Ek het dit vir jou in jou hand gegee. Jy kan daaroor praat. Ja, jy ken dit al teen dié tyd. Jy is in staat om te lewe soos die Here van jou verwag.