Deuteronomy 30:12 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Dit is nie in die hemel dat jy moet sê: Wie sal vir ons na die hemel optrek en dit na ons toe bring, dat ons dit kan hoor en dit kan doen? |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Dit is nie daarbo in die hemel dat jy nodig het om te vra: ‘Wie sal hemel toe opgaan en dit afbring sodat ons dit kan hoor en daarvolgens lewe?’ nie. |
| Afrikaans 1933/1953 | Dit is nie in die hemel nie, sodat jy moet sê: Wie sal vir ons na die hemel opklim en dit vir ons gaan haal en ons dit laat hoor, dat ons dit kan doen? |
| Afrikaans 1983 | Dit is nie in die hemel nie, sodat jy nie hoef te sê: ‘Wie sal vir ons opklim hemel toe om die gebod vir ons te gaan haal en ons dit mee te deel sodat ons daarvolgens kan lewe’ nie. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Dit is nie in die hemel nie, sodat jy moet sê, ‘Wie sal vir ons na die hemel opgaan, sodat hy dit vir ons kan gaan haal en ons dit laat hoor, dat ons dit kan uitvoer?’ |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | As hierdie wette in die hemel was, dan sou iemand moes opgaan na die hemel om dit vir ons te kry sodat ons kan hoor wat die wette sê en sodat ons dit kan doen. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Wat die Here van julle vra, is nie so moeilik dat ’n mens in die hoë hemel moet gaan soek om dit te verstaan nie. Dis nie nodig dat iemand uit die hemel moet afkom en vir jou vertel wat van jou verwag word voor jy dit sal kan doen nie. |