Deuteronomy 30:1 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En dit sal gebeur as al hierdie dinge oor jou kom, die seën en die vloek wat Ek jou voorgehou het, en jy sal hulle in gedagte hou onder al die nasies waarheen die HERE jou God jou verdryf het,
Afrikaans (NLV) 2011 “As al hierdie dinge met jou gebeur het, die seën en vervloeking wat ek aan jou voorhou, dink daaroor na wanneer jy tussen die vreemde nasies moet leef waarheen die Here jou God jou in ballingskap weggevoer het.
Afrikaans 1933/1953 En as al hierdie dinge oor jou kom, die seën en die vloek wat ek jou voorgehou het, en jy dit ter harte neem onder al die nasies waarheen die HERE jou God jou verdryf het,
Afrikaans 1983 “Wanneer al hierdie dinge, die seën en die straf wat ek jou voorgehou het, oor jou kom en jy daar tussen al die nasies waarheen die Here jou God jou verdryf het, daaraan dink
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) “ Wanneer al hierdie dinge, die seën en die vervloeking wat ek aan jou voorhou, oor jou gekom het, en jy dit ter harte neem waar jy onder al die nasies is waarheen die Here jou God jou gaan verdryf,
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Moses het gesê: “Ek het vir julle gesê dat die Here julle sal seën of dat Hy julle sal vervloek. Al hierdie dinge sal met julle gebeur, en julle sal tussen al die volke woon waarnatoe die Here julle laat gaan. Dan sal julle onthou
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “Sê nou maar al hierdie dinge gebeur met jou. Jy beleef die voorspoed wat die Here beloof het, maar jy beleef ook hoe dit met jou sleg gaan. Dan sit jy op ’n dag en dink diep na oor hoe die Here dit met jou laat sleg gaan. Jy sit daardie dag in ’n vreemde land, ver van jou eie land af. Jy het daar beland omdat die Here jou as ’n gevangene in jou vyande se hand oorgegee het. Hy het mos belowe dat Hy dit gaan doen.