Deuteronomy 3:6 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En ons het hulle met die banvloek getref, soos ons met Sihon, die koning van Hesbon, met die banvloek getref het deur die manne, vroue en kinders van elke stad met die banvloek te tref.
Afrikaans (NLV) 2011 Ons het die koninkryk van Basan totaal verdelg, net soos wat ons koning Sihon van Gesbon vernietig het. Ons het al die inwoners, mans, vroue en kinders, uitgewis in elke stad wat ons verower het.
Afrikaans 1933/1953 En ons het hulle met die banvloek getref soos ons met Sihon, die koning van Hesbon, gedoen het deur elke stad, manne, vroue en kinders met die banvloek te tref.
Afrikaans 1983 en ons het hulle almal heeltemal verwoes soos ons gemaak het met koning Sihon van Gesbon wie se stede ons met mans, vrouens, kinders en al uitgewis het.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Ons het die inwoners daarvan met die banvloek getref, soos ons gemaak het in die geval van Sihon, die koning van Gesbon. In elke stad is die mans, vroue en kinders met die banvloek getref.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Ons het al die mense in die stede en dorpies doodgemaak, al die mans, vroue en kinders, soos ons ook gedoen het met die mense van koning Sihon van Gesbon.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Ons het al hierdie dorpe en stede se mense uitgewis. Ons het met hulle gemaak soos ons met Sihon die koning van Gesbon gemaak het.