Deuteronomy 3:4 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En ons het al sy stede in dié tyd ingeneem, daar was geen stad wat ons nie van hulle afgeneem het nie, sestig stede, die hele landstreek Argob, die koninkryk van Og in Basan.
Afrikaans (NLV) 2011 Ons het al 60 van sy stede verower, die hele Argobstreek in sy koninkryk van Basan.
Afrikaans 1933/1953 En ons het in die tyd al sy stede ingeneem; daar was geen vesting wat ons van hulle nie afgeneem het nie: sestig stede, die hele landstreek Argob, die koninkryk van Og in Basan.
Afrikaans 1983 Ons het destyds ál sy stede verower. Daar is nie een van die sestig stede in die Argobstreek waar Og se ryk in Basan was, wat ons nie afgevat het van sy mense nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Ons het in daardie tyd al sy stede ingeneem. Daar was nie 'n vesting wat ons nie van hulle afgeneem het nie: sestig stede, die hele landstreek van Argob wat die ryk van Og in Basan uitmaak.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Ons het toe ál sy stede gevat, daar was nie één stad wat ons nie gevat het nie. Dit was 60 stede, die hele land Argob waaroor koning Og van Basan regeer het.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Ons het ook al die stede ingeneem. Daar was nie ’n plek wat ons nie oorwin het nie. Altesaam 60 stede en die hele Argobgebied waar Og regeer het, was binne ’n kort tyd ons s’n.