Deuteronomy 3:28 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Maar bevel Josua en bemoedig hom en versterk hom, want hy sal voor hierdie volk oortrek, en hy sal hulle die land laat besit wat jy sal sien. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Gee die bevel aan Josua en bemoedig hom, want hy sal die volk deur die Jordaan lei. Hy sal die land wat jy nou voor jou sien, aan hulle gee.’ |
| Afrikaans 1933/1953 | Gee dan bevel aan Josua, en versterk hom en bemoedig hom, want hy sal voor hierdie volk uit deurtrek, en hy sal hulle die land wat jy sal sien, laat erwe. |
| Afrikaans 1983 | Gee vir Josua sy opdragte, praat hom moed in en gee hom raad, want hy moet voor hierdie volk uit deur die Jordaan trek en hy moet hulle die land wat jy sal sien, in besit laat neem.’ |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Gee vir Josua sy opdragte, bemoedig en ondersteun hom; want hy sal voor hierdie volk oor die Jordaan trek en vir hulle die land wat jy sien, as besitting gee.’ |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Jy moet vir Josua sê wat hy moet doen en jy moet hom dapper maak, want dit is hý wat voor die volk deur die Jordaan-rivier sal gaan, hý sal hierdie land vir julle gee om in te woon, hierdie land wat jy sien.’ |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Praat Josua moed in, want hy is die een wat hierdie volk deur die Jordaan na die Beloofde Land sal lei.’ |