Deuteronomy 3:26 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Maar die HERE was toornig op my om julle ontwil en wou na my nie luister nie; en die HERE het vir my gesê: Laat dit genoeg wees; praat nie meer met my oor hierdie saak nie.
Afrikaans (NLV) 2011 “Maar die Here was kwaad vir my oor julle en wou nie na my luister nie. ‘Dit is genoeg!’ het Hy beveel. ‘Moenie weer met My hieroor praat nie.
Afrikaans 1933/1953 Maar die HERE het toornig op my geword om julle ontwil en my nie verhoor nie; maar die HERE het vir my gesê: Dit is nou genoeg! Moenie nog verder met My oor hierdie saak spreek nie.
Afrikaans 1983 Maar deur julle toedoen het die Here destyds vir my kwaad geword en daarom het Hy nie nou my gebed verhoor nie. Hy het vir my gesê: ‘Jy het nou al genoeg daaroor gepraat. Moenie weer met My oor hierdie saak praat nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Maar die Here het oor julle woedend geword vir my, en Hy wou nie na my luister nie. Hy het vir my gesê, ‘Dit is nou genoeg! Moet nooit weer met My oor hierdie saak praat nie!
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) “Maar omdat die Here kwaad geword het vir julle, was Hy ook kwaad vir my. Hy het nie vir my gegee wat ek gevra het nie. Hy het vir my gesê: ‘Dit is nou genoeg, jy moenie weer met My hieroor praat nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “Maar die Here wou nie. Hy was kwaad vir my omdat julle so baie verkeerde dinge gedoen het. Hy het gesê: ‘Dit is nou genoeg. Ons het al baie daaroor gesels en ons gaan nie weer daaroor praat nie.