Deuteronomy 3:25 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Laat my tog oortrek en die goeie land sien wat anderkant die Jordaan is, die mooi berg en die Líbanon. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Laat my deur die Jordaan trek om die wonderlike land aan die oorkant te sien, die mooi bergwêreld en die Libanonberg.’ |
| Afrikaans 1933/1953 | Laat my tog oortrek en die mooi land sien wat oorkant die Jordaan lê, daardie goeie bergland en die L¡banon! |
| Afrikaans 1983 | Laat my tog nou deur die Jordaan gaan om hierdie mooi land te gaan bekyk, die mooi Bergwêreld en die Libanon.’ |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Laat my asseblief oortrek en die goeie land beleef wat oorkant die Jordaan lê: hierdie mooi bergland en die Libanon.’ |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | U moet my asseblief ook deur die Jordaan-rivier laat gaan sodat ek die goeie land anderkant die Jordaan-rivier kan sien, hierdie mooi bergland en die Libanon-berg.’ |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Nou vra ek U, Here, om my ook die mooi land aan die ander kant van die Jordaan te laat sien. Die pragtige bergland en die hoë berge van die Libanon.’ |