Deuteronomy 3:24 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | O HERE HERE, U het begin om u kneg u grootheid en u magtige hand te toon; want watter God is daar in die hemel of op die aarde wat kan doen volgens u werke en volgens u krag? |
| Afrikaans (NLV) 2011 | ‘Ag, oppermagtige Here, U het begin om u grootheid en krag aan u dienaar te wys. Is daar enige god in die hemel en op die aarde wat sulke groot dinge kan doen soos wat U doen? |
| Afrikaans 1933/1953 | Here, HERE! U het begin om u kneg u grootheid en u sterke hand te laat sien; want watter God is daar in die hemel en op die aarde wat sulke werke en sulke magtige dade kan doen soos U? |
| Afrikaans 1983 | ‘Here my God, U het begin om my u grootheid en u groot mag te laat ondervind. Watter god is daar, in die hemel of op die aarde, wat u magtige dade kan nadoen? |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | ‘ Here, my Heer, U het pas begin om aan u dienskneg u grootheid en sterk hand te toon; want watter god is daar in die hemel of op die aarde wat u werke en u magtige dade kan nadoen? |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | ‘Here, my Here, U het begin om my te laat sien hoe groot en sterk U is. Daar is nie 'n ander God in die hemel of op die aarde wat die groot dinge kan doen wat U doen nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | ‘Here, oor baie jare het U vir my u grootheid en krag laat sien. En dit was nog maar net die begin van wat U gaan doen. Geen god in die hemel of op die aarde kan sulke dinge doen nie. |