Deuteronomy 3:21 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En ek het in dié tyd aan Josua bevel gegee en gesê: Jou oë het alles gesien wat die HERE jou God aan hierdie twee konings gedoen het; so sal die HERE doen met al die koninkryke waarheen jy trek. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Ek het destyds vir Josua gesê: ‘Jy het al hierdie dinge gesien wat die Here God aan die twee konings gedoen het. Hy sal dieselfde doen met al die ko-nings aan die westekant van die Jordaan waarheen jy op pad is. |
| Afrikaans 1933/1953 | Ook het ek Josua in die tyd beveel en gesê: Jou oë het alles gesien wat die HERE julle God aan hierdie twee konings gedoen het. So sal die HERE aan al die koninkryke doen waarheen jy oortrek. |
| Afrikaans 1983 | “Ek het destyds vir Josua gesê: ‘Jou twee oë het nou alles gesien wat die Here julle God met daardie twee konings gedoen het. So sal die Here doen met al die koninkryke waarnatoe jy nou gaan deurtrek. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | “ Vir Josua het ek in daardie tyd opdrag gegee en gesê, ‘Jy het met jou eie oë alles gesien wat die Here julle God aan hierdie twee konings gedoen het. Die Here gaan dieselfde doen met al die koninkryke waarheen jy oortrek. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | “En ek het toe vir Josua gesê: ‘Jy het nou self alles gesien wat die Here gedoen het met daardie twee konings. Jy gaan nou deur die Jordaan-rivier na ander konings toe. Die Here sal dieselfde doen met daardie konings. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | “Toe het ek vir Josua gesê: ‘Jy het nou self gesien wat die Here met Og en Sihon gedoen het. So sal Hy met elke volk aan die Wes-Jordaan maak. |