Deuteronomy 3:20 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Totdat die HERE aan julle broers sowel as aan julle rus gegee het, en totdat hulle ook die land in besit neem wat die HERE julle God aan hulle oorkant die Jordaan gegee het; en dan moet julle elkeen terugkeer na sy besitting wat Ek aan julle gegee het.
Afrikaans (NLV) 2011 Nadat die Here veiligheid aan die res van die Israeliete gegee het, soos wat Hy reeds aan julle gegee het, en wanneer hulle die land wat die Here julle God aan hulle oorkant die Jordaan gee, in besit geneem het, mag julle terugkeer na die land wat Ek aan julle gegee het.’”
Afrikaans 1933/1953 totdat die HERE aan julle broers soos aan julle rus gee, en hulle ook die land in besit neem wat die HERE julle God aan hulle oorkant die Jordaan sal gee; dan kan julle teruggaan elkeen na sy besitting wat ek aan julle gegee het.
Afrikaans 1983 Julle moet saam met julle volksgenote trek totdat die Here ook aan hulle, soos aan julle, 'n veilige woonplek gegee het, en ook húlle die land wat die Here julle God vir hulle sal gee, die land wes van die Jordaan, in besit geneem het.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Eers nadat die Here vir julle volksgenote rus gegee het, soos vir julle, wanneer ook hulle die land beset het wat die Here julle God vir hulle gaan gee oorkant die Jordaan, mag julle weer terugkom, elkeen na sy eiendom wat ek aan julle gegee het.’
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Julle manne moet saam gaan veg totdat die Here ook die ander Israeliete laat wen het teen al hulle vyande. Dan kan hulle die land vat wat julle God die Here vir hulle gee, dit is die land wes van die Jordaan-rivier. Daarna kan julle terugkom na die grond wat ek vir julle gegee het, elkeen kan na sy eie grond kom.’
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Julle moet hulle help totdat hulle die hele Wes-Jordaan oorwin het en die Here vir hulle ook rus en vrede gegee het. Dan kan julle weer na julle plekke oos van die Jordaan terugkeer.’”